Duimelina

CaptureDie volgende oggend het sy nie geklop nie. Hy was nog besig om sy penne en notaboekie vir die dag te rangskik toe Monique skielik voor hom staan. ‘n Bondel energie in ‘n nou, swart rokkie, met ‘n paar plat, silwer sandale aan haar voete. Sy het baie ver van sestig jaar oud gelyk.  Weer was haar hare agter haar kop vasgebind, en haar lippe was bloedrooi geverf.

Martie het vervaard in die deur verskyn. “Jammer dokter, ek het haar glad nie gesien…”

Sy penne het hard op die lessenaar gekletter.

Het die vrou gedink sy was by ‘n skemerkelkpartytjie?

“Jammer, ek het nie geweet ek moet klop nie.” Weer het sy haar bene gekruis, meer uitnodigend dié keer… Bruin gebrand met ‘n flits van silwer. Haar toonnaels was rooi en met ‘n ry diamante versier.

Sy het glad nie jammer gelyk nie.

In sy persoonlike opinie het sy ook glad nie na ‘n depressielyer gelyk nie. Wanneer die pasiënte hier aangekom het, was hulle moeg en uitgemergeld. Dikwels was hulle ook ongewas met die reuk van opgooi, drank en hartseer nog vars in hul kiewe en hare. As dokter het hy egter geweet dat voorkoms bedrieglik kon wees. Party depressielyers was A-persoonlikhede, oftewel control freaks. Hulle sou seker maak dat daar geen krakies wys nie. Maar krake kon nie vir altyd weggesteek word nie.

“Dokter, het jy al op ‘n tafel gedans saam met ‘n vrou?”

Een van sy penne het van sy lessenaar afgeval. Hy het gebuk om dit op te tel. Voor hom het ‘n paar diamantversierde tone ritmies getik-tik.

“Nee, Monique,” ek het nog nooit op ‘n tafel saam met ‘n vrou gedans nie.” het hy geantwoord. “Wat laat jou daaraan dink?

“Ek het vanoggend gedink aan ‘n man wat ek geken het – Danie. Dit was sy hartsbegeerte om ‘n groot genoeg tafel te maak waarop hy en sy minnares kon dans.”

“Ah..ek sien. Monique, ek het gedink ons kan dalk vandag begin met ‘n aanloopsuitlegging.”

“’n Wat?”

“‘n Aanloopsuitlegging. Waar jy my vertel hoe en waarom jy hier beland het.”

“My storie?”

“Ja, bietjie meer van jou agtergrond as dit wat ons gister aangeraak het.”

Sy het haar bene om haar gevou, haar lang nek uitgerek, en het haar arms in die lug gestrek asof sy die storie uit die lug uit wou haal. Toe het sy begin…

 

Duimelina …

“Ken jy die storie van Duimelina, dokter?”

Sy brein het vervaard deur sy karige repetoire van sprokies geflits. Hy kon glad nie so storie onthou nie.

“Wel, Duimelina was ‘n miniatuurmensie wat deur haar ma verlaat was. Haar ma het haar netso gelos op ‘n waterlelie, waar ‘n padda haar gevind het.”

“So ek neem aan Duimelina is jy?”

“Ja.”

“Maar Monique, jy het gesê albei jou ouers is dood in ‘n motorongeluk.”

Sy het by die venster uitgekyk asof sy die antwoorde tussen die bome kon vind.

“My aanneem-ouers is albei dood in ‘n motorongeluk. My biologiese ma het my weggegee toe ek een week oud was.”

“Aanneming is darem nie dieselfde as weggee nie,” het hy haar in die rede geval.

Grys oë het geflits. Die geel spikkels in haar oë het gevlam.

“Hoe sal jy weet?”

Hy het stilgebly en ‘n nota gemaak. Sy was reg. Hoe sal hy weet? Hy het nog nooit die verwerping van ouers ervaar nie. Op skool ja. Die boelies, die gejouery… maar dis was half aanvaarbaar. Verlating deur ouers was onnatuurlik.

“Kan ek voortgaan met my storie?” Sy het weer geglimlag. So asof sy geweet het hy het sy fout besef.

“So die padda vind vir Duimelina en versorg haar soos sy eie kind, maar na ‘n rukkie moet hy wegtrek na ‘n ander paddadam en Duimelina kon nie saamgaan nie. Dis toe dat die mol haar sien en verlief raak en vir die padda vra of hy met haar mag trou.”

Martin het gevoel hoe die storie hom teen sy wil ingetrek het soos ‘n rivierstroom. Paddas, klein dogtertjies op waterlelies, verliefde molle…

“Die padda het vir Duimelina in die mol se sorg gelaat. “

Sy het vooroor geleun, en die geel flitse het die grys in skerwe gebreek.

“Die mol was baie lief vir Duimelina, hy sou enigiets vir haar doen, maar molle het in tonnels gebly – dit was hul natuurlike habitat. En dokter, molle is roofdiere en wreed. Hullle kan hulself nie help nie. Hy het goed vir Duimelina gesorg, maar sy moes hard werk. Tee maak, kos maak, skoonmaak…en die hele tyd het sy nooit ‘n stukkie sonlig gesien nie. Duimelina was besig om ‘n stadige dood te sterf.”

“Wie was die mol?” het hy gevra.

“Die man met wie ek getrou het. ‘n Man wat my in sy tonnel ingesleep het en my nooit weer vry wou laat nie. Ek was syne. Sy vrou, sy besitting, sy alles. Hy het goed vir my gesorg, maar soms sou ek teenpraat. Soms het ek gesmag na die gevoel van son op my vel. Dan sou die roofdier toeslaan en my in stukke verskeur. ‘n Donker tonnel is ‘n bittere eensame plek, dokter.”

“Emosionele mishandeling?” het hy gevra.

“Ja.”

“Hoe lank was julle getroud?”

“Te lank.”

Hy het effens geglimlag.

“Hoe lank?”

“Sewe jaar.”

In sy kop het Martin die eerste paar blokkies van sy legkaart begin pak. Aanneemkind. Verwerping. Minderwaardigheidskompleks. Mishandeling. Vrees. Selfhaat, Selfverwyt. Ongelukkige huwelik. Mislukking. Selfverwerping.

“Wat het toe gebeur. Monique?”

“’n Swaeltjie het deur die dak geval.”

Vir ‘n oomblik het sy hand op die ry getatoeërde swaeltjies op haar pols gerus.

“Een dag het Duimelina in haar donker sitkamertjie gesit en die mol se sokkies gestop, toe daar ‘n ongelooflike harde slag was. Die volgende oomblik was daar ‘n gat in die dak, stofwolke orals en ‘n swaelltjie het voor haar geland. Die swaeltjie was twee keer so groot soos Duimelina en het die hele huis volgelê. Duimelina kon sien dat sy vlerk erg beseer was en het begin om hom te versorg.

“Die mol was nie gelukkig met die swaeltjie in sy huis nie, maar daar was nie veel wat hy kon doen nie. Die swaeltjie sou net die huis kon verlaat as sy vlerk weer gesond genoeg was sodat hy deur die gat in die tonnel kon vlieg.

“In die dag het Duimelina die swaeltjie versorg en dan het hy haar vertel van die wêreld daarbuite. ‘n Wêreld vol sonlig en sonneblomme. Kabbelende waterstrome en kwetterende voëls. ‘n Wêreld waar jy die son op jou vel en die wind in jou hare kon voel. ‘n Vry wêreld. Duimelina het ‘n smagting binne haar gevoel wat haar in die aande laat rondrol het.

“Die tonnel was donker en klam. Dit het geruik na nat grond en verrote wurms – ‘n graf. Sy wou warmte voel. Sonlig. Sy wou weer tuis voel.”

“En die swaeltjie was?” het die dokter gevra, sy pen in die lug, gereed om nog ‘n nota te maak.

Sy het gegllimlag.

“Die swaeltjie was nie ‘n persoon nie, dokter. Dit was meer ‘n kombinasie van dinge. Idees, boeke, flieks, vroue met wye glimlagte wat my laat wonder het of alle mans sleg was. Dit was die belofte van vrywees en menswees wat my laat wonder het of ek nie dalk ‘n beter lewe kon ly nie.”

Hy kon omself nie keer nie. “Wat het toe verder gebeur?”

“Wel, die swaeltjie se vlerk het gesond geword en hy het weggevlieg. Die dae het gekom en gegaan. Sy het kos gemaak en skoon gemaak. Die klam donkerte het weer om haar gevou soos ‘n doodskleed. Maar eendag was daar ‘n klop aan die deur. Dit was die swaeltjie en hy het goeie nuus gebring. Nie net het hy haar kom haal nie, maar hy het haar mense gevind.

“Duimelina het op sy rug geklim en styf vasgehou terwyl hy oor berge en dale en ysblou mere gevlieg het. Uiteindelik het hulle in ‘n pragtige vlei geland met die mooiste blomme. Toe Duimelina en die swaeltjie land, het elke blom oopgevou en binne elkeen was ‘n miniatuur mensie, net soos Duimelina.”

Vir ‘n oomblik het sy 16 jaar oud gelyk, haar knieë opgevou in die stoel se sitplek, kop agteroor, ‘n glimlag haar mond.

“En jy? Het jy jou regte familie ooit gaan soek?”

Die klein dogtertjie het soos mis verdwyn agter te rooi lipstiffie en te veel plooie van seerkry.

Haar antwoord was kort en bondig.

“Nee.”

Advertisements

Die onsigbare vriend

CaptureEendag , lank gelede was daar ‘n meisie. Sy het ‘n onsigbare vriend gehad. Hy het nie veel gepraat nie, maar hy het haar nooit verlaat nie. As sy alleen gevoel het, het hy haar hand vasgehou. As sy die dag hartseer was, het hy ‘n op sy kop gestaan totdat sy gelag het. As sy probleme gehad het, het hy haar verseker dat as dinge nie uitwerk nie, hy haar sou help.

“Hoe sal jy my help?” het sy een aand gefluister.

“Ek sal jou help soos net ek kan,” het hy teruggefluister. “Ek sal alles laat verdwyn. Ek sal jou laat verdwyn. As alles te erg raak, sal ek jou onsigbaar maak, net soos ek.”

Hy sou elke dag op haar bed sit en saam met haar hartseer liedjies sing. Sy besonderse gunsteling was Queen se Bohemian Rhapsody.

“Het jy nie ‘n naam nie?” het sy hom een keer gevra..

“Natuurlik het ek ‘n naam. Ek het baie name.”

“Wat is dit? “

“Sepuku is my een naam.”

“Oe, dis so mooi.”

“Dankie,” het hy geglimlag.

“My ander naam is Hara-Kiri.”

“Dis so eksoties,” het sy dromerig gesê.

“Hulle noem my ook Suicidium. Maar jy kan my Selfdood noem.”

Selfdood het haar nooit verlaat nie.

“Onthou ek is altyd hier,” het Selfdood geglimlag as sy in haar bed gelê en huil het ná nog ‘n liefdesteleurstelling. “Ek kan alles laat verdwyn, in ‘n oogwink.”

As sy in die donkerte gesit en drink het en gewens het die selfverwyt en selfhaat wil net verdwyn, het Selfdood rustig langs haar gesit en Bohemian Rhapsody geneurie. “Is this the real life? Is this just a fantasy? …”

“Hoekom hou jy so baie van daardie liedjie?” het sy hom een aand vies gevra. “Dit gaan oor ‘n man wat die doodstraf gekry het en nie wil doodgaan nie. Jy wil hê mense moet doodgaan.”

“Mense sterf nie regtig nie,” het hy geglimlag. “Daar is nie so iets soos dood nie, net verskillende realiteite.  Jy bly leef, net nie meer op aarde nie. Sien my as ‘n verlosser. Nie as ‘n moordenaar nie. Dis waarom ek nie van die woord selfmoord hou nie. Ek pleeg nie moord nie. Ek bied jou die dood van die self. As die self eers dood is, is jy vry. Waarlik onsigbaar.”

Dominique het opgestaan en op haar gunstelingplek voor die venster gaan staan, maar dié keer het sy nie by die venster uitgekyk nie, maar na Martin gedraai.

“Selfdood is nie altyd die vyand nie, dokter. Dood is nie noodwendig die einde nie. Dis net onsigbaarheid op aarde. Dis al.”

“Dood is vir ewig, Dominique. Dit vernietig gesinne, jou naasbestaandes – nie net jou eie lewe nie,” het hy dadelik haar met ‘n handboekantwoord getroef.

“Dood kan nie vermy word nie, dokter. Een of ander tyd sal dit gebeur.”

Sy het weer in die stoel oorkant hom gaan sit. Die kleur was terug in haar wange, die geel vlekkies het helder gevlam.

“Maar ons dwaal af van die storie. Een dag, het Selfdood die meisie aan die hand geneem en haar gevat na ‘n kasteel waar

Capture

‘n pragtige vrou gewoon het. Jy het te veel vrae, het Selfdood gesê. Dié vrou het al die antwoorde. Die kasteel was heeltemal blou en wit. Die vloere was Delft-teëls, en die mure was vol pragtige blou en wit handgeverfde uitbeeldings van mans en vroue wat tussen die roosblare mekaar bemin het. Sagte blou Persiese matte het die houtvloere gestreel. Deur die groot wit houtvensters het die see geglinster.

“Die vrou se naam was Manea. Haar hare was lank en blond, haar lyf wulps en polsend met lewe. Maar dit was haar oë …Haar oë het vroue laat huil en het mans mal gemaak met begeerte, want dit was vol heimwee. En wie kan tog heimwee weerstaan?”

“Manea…,” het  Martin gemymer. “Die godin van die dood, nie waar nie?”

“Ek sien jy ken jou Latyn, dokter,” het Dominique gesê.

“Maar anders as die Grim Reaper vergesel Mania jou nie na jou dood nie,” het Dominique voortgegaan. “Sy is meer ‘n oorreder, ‘n denker – net soos haar naam, wat afgelei is van Men, wat beteken om te dink. Sy stel die twee kante van die saak: Die lewe, en die dood. Aan die een kant pyn en hartseer en tragedie en oorloë en verkragtings en mishandelde kinders. Aan die ander kant Moontlikheid. Moontlike geluk. Moontlike vrede. Die moontlikheid van Manea.”

Martin het, soos daardie aand as tiener in sy bed, die Latynse woord oor sy tong laat rol.  Manea…

Die woord het ook ‘n ander uitspraak en ‘n ander betekenis gehad, maar dit het hom bly ontglip. Martin het die polsende begin van ‘n hoofpyn gevoel.

Manea.

Martin het meteens die woord onthou. Dit was Manea se ander naam.

Mania.

Mania, oftewel manie. Wat in Afrikaans ook “waansin” beteken het

Die vrou wat in strome gekom het

Capture

“Eendag, ontmoet hy vir vrou nommer 1000. Hy het gehoop dat dit sy magiese getal sou wees. Die vrou, die duisendste een, het iets gehad wat nie een ander vrou voor haar vir Hildebrand kon bied nie – nie eens Lorelei nie.”

Martin het geïnteresseerd voorentoe gebuig, pen gereed om alles aan te teken.

“Sy het iets gehad wat Hildebrand gehoop het hom sou kon heel, net soos die helende waters van die stoombaddens hom al daardie jare terug laat gloei het met jeug en viriliteit.”

Die pen in sy hand het afwagtend getik-tik in sy hand.

“Die vrou het in strome gekom.”

“Wat?” Martin het opgekyk.

“Het jy al van squirting gehoor?”

Een keer het Martin ‘n video gesien van ‘n Russiese jong vrou, bene oopgespalk. Sy het in die lug gespuit soos ‘n erotiese fontein. Martin het gewonder of sy nie dalk met water ingespuit was en dit bloot met die drukkende krag van haar maag- en vaginale spiere weer uitgespuit het nie – baie soos die Thailandse vroue en hul berugte ping-pong-balletjies.

Hy was ‘n man van wetenskap. Feite was bewyse, nie gemanipuleerde pornoflieks nie.

“Daar is baie debat oor die onderwerp, Dominique,” het hy gesê. “Party wetenskaplikes reken dat die sogenaamde vroulike ejakulasie urine is, ander is weer van mening dat dit wel ‘n orgasmiese uitskeiding is, baie soortgelyk aan die uitskeiding van ‘n man voordat hy orgasme bereik.”

“Wat dink jy, Dokter?”

“Dit was nog nooit eintlik iets waaroor ek gedink het nie, Domique.”

Die aand van die video het hy gewonder hoe dit sou wees as daardie erotiese fontein oor hom gespuit het, Hoe dit sou voel om deurdrenk te word met ‘n vrou se mees sensuele sappe. Hy het, nadat hy gekom het, sy eie semen oor homself gevryf. Dit was gevaarlik sensueel.

Toe die duisendste vrou vir die eerste keer oor Hildebrand se vereelte oumanhande gekom het, kon hy dit nie glo nie.

Martin het probeer konsentreer. Was die vrou besig om te bieg dat sy gesquirt het en boonop ‘n prostituut was? Oorkant hom het Dominique rustig voortgegaan met haar storie, so asof sy glad nie ‘n bom in sy spreekkamer laat ontplof het nie.

“Wel, dis nie urine nie. Die smaak is heeltemal verskillend en die tekstuur is ook anders, en die kleur is wit – glad nie geel nie.”

“Ek sien.” Dit was al woorde wat Martin kon uitkry.

“Toe die duisendste vrou vir die eerste keer oor Hildebrand se vereelte oumanhande gekom het, kon hy dit nie glo nie. Haar sappe het warm oor sy hande geloop en hy kon voel hoe sy die bloed vinnger deur sy are gevloei het. Hy het daaraan gelek. Eers versigtig, met net die tipie van sy tong.

“Jare terug het hy een keer vars oesters saam met ‘n vrou – hy kon nie meer onthou het watter nommer nie – geëet. Die vars seesmaak wat romerig by sy keel afgegly het, het hom vir altyd bygebly. Die duisendste vrou se sap op sy vingerpunte het presies dieselfde geproe.

“Hildebrand het sy verrimpelde gesig tussen die vrou se bene gedruk en haar reuk diep ingeadem. Hy was dadelik teruggevoer na die sout branders van sy jeug, die vars seesproei op sy gesig.

“Hildebrand het verslaaf geraak. Oor en oor het hy haar laat kom. Alles net om die sappe op sy gesig, sy lyf te voel. Hildebrand het haar branders oor en oor gery.

“Vir die eerste keer in jare was Hildebrand weer verlief. Al waaraan hy kon dink, was aan haar druppende middelpunt. Kont. Dis wat hy dit genoem het. Die Hollanders kan terselfdertyd so kru en elegant wees, weet jy, Dokter.

Hoer. Kont. Spuit vir my jou pragtige hoer. Laat ek jou kont lek.”

Die kruheid van die woorde het Martin laat opkyk van sy notas.

“Die duisendste vrou het begin voel soos ‘n sirkusdier wat oor en oor moes toertjies doen. Sy was nie verlief nie. Daarvoor was Hildebrand te oud en te getroud. Dit het stadig tot Hildebrand begin deurdring dat hy vir die tweede keer sy perfekte vrou gevind het, maar dat hy haar weer eens nie sou kon behou nie.

“Vir dae het die duisendste vrou nie van hom gehoor nie. Omdat sy nie verlief was nie, het sy hom egter nie probeer opspoor nie.

“Haar ongeërgdheid het Hildebrand met ‘n bitter smaak in sy mond gelaat.”

“Weke later het sy ‘n epos van hom gekry. Sy boodskap was kort en saaklik.

‘n Mens kan net soveel keer uit dieselfde fontein drink, dan raak dit ook vervelig. Jy is maar net nog ‘n hoer.

Die vrou in die stoombad

Capture

“Ons almal is op soek na iets. Dit is dalk wat ons almal aan die lewe hou – dié soektog na dit wat ons dink ons gelukkig sal maak.  Party mense soek na hul sielsgenoot. ander na roem, ander na rykdom.

“Regter Hildebrand Buisje was op soek na die perfekte vrou. En hy het haar gesoek in elke nuwe prostituut wat hy teengekom het. Hoere  het hy hulle genoem in sy swaar Hollandse aksent. Toe ek vir Regter Hildebrand ontmoet het, was hy reeds op sy 999ste “hoer” en steeds op soek na sy droomvrou. Hy sou elke dag die advertensies dophou – eers op die smerige agterblaaie van die koerante in die sestiger jare en later op die sekswebblaaie van die internet. Sodra ‘n nuwe vrou geadverteer het, sou hy haar kontak, opgewonde soos ‘n kind voor Kersfees.

“As seun het Hildebrand grootgeword in Amsterdam.  ‘n Mens sou seker die aanname kon maak dat dit die berugte Walletjiestraat was wat sy obsessie met die “vroue van die nag” gekweek het, maar dit was nie. As jong seun in Amsterdam was hy gans en al te bang om aan die verbode vrugte te proe. Want Hildebrand Bulsje se toekoms het reeds blink vir hom gelê en wag.

“’n Jong meisie was die vorige somer aan hom bekend gestel, ‘n geleerde jong vrou uit ‘n goeie familie. Hulle sou in die somer van daardie jaar getrou het en dan vertrek het na Praag waar Hildebrand as jong regsgeleerde die lang proses na regter sou begin het. Om die waarheid te sê, in daardie stadium was Hildebrand nog nie op soek na die regte vrou nie. In sy onervare naïwiteit van baie jong mans in die jare vyftig, was hy daarvan oortuig dat hy reeds die perfekte vrou gevind het.

“In Praag, kort ná hul troue, het die skyn van perfektheid egter begin uitrafel. Hildebrand en sy vrou, Marjolein, was albei maagde toe hulle getroud is. Hildebrand het ontdek dat hy ‘n ontsettende hoë seksdrang gehad het. Marjolein het weer tot die insig gekom dat seks net nog ‘n aaklige lylike pyniging was – baie soos menstruasie en geboorte – waardeur vroue moet gaan.”

Dominique het weggedraai van die venster. Die sonlig agter haar het haar wit bloes laat deurskyn. Haar wit bra was met swart kant versier.

“Ek moet sê, ek het nogals sy vrou jammer gekry want Hildebrand het ‘n yslike menneer gehad.” Sy het haar hande omtrent twintig sentimeter uitmekaar gehou, haar oë gemaak groot.

Hy het geglimlag. “Ek is seker jy dik aan.”

“Ek sweer, Dokter! En teen die tyd dat ek hom ontmoet het, was hy amper tagtig. Of dink jy penisse krimp nie soos wat ‘n mens ouer word nie?”

Hy kon nie help om te lag nie.

Dominique het in die leerstoel oorkant hom gaan sit en voortgegaan met haar storie.

“Dit was in Praag dat die pasgetroudes besef het dat hulle nie bymekaar pas nie. Maar daardie tyd…daardie tyd…seks was nie oor gepraat nie. Die vroue het maar die pyn verduur, die mans het plesier elders gaan soek…en seks het iets geword wat jy doen om kinders te kry. Of in elke geval, dit was die verstandhouding tussen Hildebrand en Marjolein.

“Vir ‘n ruk was alles vreedsaam in Praag. Hildebrand het hard gewerk aan sy artikels, Marjolein het begin om onderwys te gee en saans was die jong paartjie so moeg, seks was in elk geval buite die kwessie. Toe Hildebrand sy artikels klaar geskryf het, was dit in die middel van winter. Hy het ‘n paar weke op hande gehad en het die koue strate van Praag bibberend bewandel, op soek na iets om sy dae mee te verwyl.

“Wat hy gevind het, was die Romeinse warmbaddens . Toe hy die eerste keer die stomende gebou binnestap het, het dit letterlik en figuurlik sy asem weggeslaan. Goue marmerpilare het regop gestrek tot teen roomkleurige plafonne en het weer geduik tot diep binne helderblou, helende waters. Die donker gangetjies tussen manjifieke boë het gefluister van eertydse koninklike intriges en die pilare het gekreun onder al die geheime… Mans en vroue kon hier saamswem en in Hildebrand se gedagtes het die mure gedrup van stoom, seks en skandaal.

“Hildebrand het vir die eerste keer ander vroue behalwe sy eie vrou halfkaal gesien. Soms net ‘n bors wat per ongeluk uit ‘n kostuum geglip het, onskuldig nat in die stoom. ‘n Ander keer was dit weer ‘n kaal been wat onder die warm water vlugtig aan hom geraak het. Die jonge Hildebrand het die meeste van die tyd in ‘n waas van stoom in die warm waters rondgedryf – ‘n spierwit waterlelie met ‘n yslike ereksie.”

Weer kon  Martin nie ‘n glimlag wegsteek nie.

“En toe, eendag, het sy uit die stoom verrys soos ‘n Venus. Sy eie Lorelei.”

Martin het haar in die rede geval. “Lorelei. Die verleidelike waternimf. Dit was sekerlik tog nie regtig haar naam nie!”

Dominque het haar vinger in sy rigting geswaai.

“Dis my storie en ek kies die naam.” Sy het haar bene selfvoldaan gekruis.

“Lorelei het lang donker hare gehad wat tot by haar boude gehang het en bokkie-oë. Lorelei was broos en begeerlik. Sy was ook ‘n ander man se vrou.

‘Haar man was ‘n dosent aan die universiteit wat geweier het dat sy jonge vrou werk. Lorelei se taak sou wees om sy kinders te baar. Intussen het sy haar tyd verwyl in die Romeinse baddens waar sy kon droom oor ware liefde en vuurwarm passie in plaas van die koue, bombastiese man waarmee sy getroud was.

“Hildegrand en Lorelei se lus het geblom in die stomende hitte. Bene en arms het nat en warm oor mekaar gegly, haar borste het in sy hande onder die water gedobber, haar geheime gangetjies en rondings kon hy rustig verken onder die water en die stoom. Daar was gesteelde soene buite die trappe in die sneeu, vinnige, harde seks teen ‘n goue pilaar waar min mense gekom het, haar gille verbloem deur die skreeuende jillende kinders wat in die middae die baddens besoek het. Daar was beloftes, daar was smagting, en ja …daar was liefde.

“Hildebrand het sy perfekte vrou gevind. Net om haar weer te verloor.

“Hildebrand moes terug Holland toe ná sy artikels om by ‘n vriend van sy pa se firma te gaan werk. Lorelei se man het snuf in die neus begin kry en het sy vrou verbied om alleen warmbaddens toe te gaan. Kort daarna het hy haar een aand, vol drank en semen, oopgespalk en het drie keer ná mekaar diep binne haar gekom. Hy was soos ‘n besete, bierdeurdrenkte dier, vasbeslote om Lorelei as sy besitting te merk.

‘n Maand later was Hildebrand terug in Holland en Lorellei was swanger.

“Het hulle kontak gehou?” het Martin gevra. Hy kon nie glo hoe haar stories hom ingetrek het nie.

“Dit was moeiliker in daardie dae sonder epos en selfone. Later, toe hy en Marjolein in hul sestigs was en hulle al tien jaar lank in Kaapstad gevestig was, het hy van sy kontakte in die regswêreld genader om haar op te spoor.”

“En?” het Martin gevra.

“Sy was nie meer getroud met die professor nie. Sy was in haar vyftigs, ongetroud en glo ‘n uiters bekende digteres in Praag. Haar dae van onderdrukking was verby. Teen daardie tyd was Hildebrand seker al by prostituut nommer 700. Soekend na sy ewig ontwykkende vrou. Ironies genoeg was Lorelei al vir jare binne sy bereik, hy moes haar net gouer opgespoor het.

“In plaas daarvan het hy die sout van haar vel probeer proe tussen vrou 109 se bene; het hy die rondings van haar borste probeer voel by vrou 608. Oor en oor het hy probeer tuiskom in die gehuurde vroue se lywe, maar elke keer het hy met sy penis in sy hand bo-oor hul gekom, sidderend met semen en teleurstelling.”

“Hoekom het hy juis prostitute gekies? Hoekom nie ander vroue nie?” wou Martin geweet het.

“Ander vroue sou sy huwelik bedreig het. Marjolein het oor die jare sy rots, sy beste vriend geword. Hy kon nie meer sonder haar nie. Dalk was dit ook waarom hy Lorelei nooit gekontak het nie – selfs ook nie toe hy haar opgespoor het nie. Hy het te veel gehad om te verloor.”

“Ek dink hy was ook bang dat Lorelei hom sou verwerp,” het Martin gesê.

Dominique het ‘n rukkie lank stil na hom gekyk.

“Jy is heel moontlik reg. Hildebrand was ‘n gebroke man. As jy so hard na perfektheid soek, dan soek jy eintlik na jouself. En Hildebrand het homself nooit heeltemal weer gevind nadat hy hom in die Romeinse baddens in Lorelei se lyf verloor het nie. Hy het gevoel dat hy nie meer dieselfde jong man as vroeër was nie, en dus niks gehad het om vir Lorelei te bied nie.

“Maar toe, eendag, ontmoet hy vir vrou nommer 1000…”

 

Patricia was vlot in fellatio …

CaptureAnders as sy vorige akademici-meisies, het Patricia nie katoenonderklere gedra nie. Patricia het nie twee grade gehad nie. Sy het ook nie rooiwyn gedrink, boeke gelees of joga gedoen nie. Maar Patricia was Latyns magtig.

Culliningus. Fellatio.

As skoolseun het hy die Latynse woorde stout oor sy tong laat gly as hy in die aand in sy bed gelê het.

Sy akademiese meisies het soos verskrikte krappe weg van hom geskuifel na die veiligheid van die kussings op sy bed as hy culliningus probeer het.

Hulle het nie gemaklik gevoel nie. Nie skoon genoeg nie. Nie vol vertroue genoeg nie.
Dalk was hy net nie goed genoeg nie.

Fellatio sou hulle nog probeer het.
Lang tand.
Met stywe kake en tande senutergend naby aan sy peniskop. Dit was droog en ongemaklik. Hoe kon hulle met dit in hul mond hê en dit bly so droog? Het hy altyd gewonder.
“Spoeg daarop,” het hy een keer aan ‘n meisie voorgestel. ‘n Honneurstudent in sosiologie. Sy het hom aangekyk asof hy voorgestel het sy kap dit op in stukke.
“Ek gaan nie spoeg nie! Ek is nie die een of ander kommin tronkvoël nie!”

Die penis het drooggebly. Die blow jobs selfs droeër.
Patricia het egter vlot Fellatio gepraat.
Sy het gesuig en gelek en gespoeg asof sy penis ‘n suigstokkie was. Sy penis het geblom soos ‘n lelie in Patricia se mond.

Danie …

Capture.JPG“Toe hy haar uiteindelik opspoor, het hy geweet dat sy die perfekte minnares sou wees. Sy was alles wat sy vrou nie was nie. Groot borste, groot vol lippe, warm oë. Mariëtte, sy vrou, was ‘n eetkamerstoel. Die perfekte afmetings, reg vir aansit en eet vir ‘n uur of twee. Maar die nuwe vrou was ‘n luukse gemakstoel, die ene leer en fluweel en kurwes. Hy sou kon verdwyn in haar vir dae aaneen en heeltemal ontspan.

“Danie het in sy minnares se kurwes ingesink. Hy het haar tussen haar bene gelek en sy het geproe soos n nat stuk hout. Vars met die reuk van reën gegiet in haar grein. Haar hande het oor sy nuwe, gladde vel gestreel, haar tong het splinternuwe patrone gesirkel op plekke waar sy vrou dit nooit sou waag nie. Danie het weer sy ereksie gevind. Kliphard. Harde hout.

Eers het hy verskoning gemaak. Vir sy lompe vingers wat nie haar klitoris kon vind nie. Sy het twee van sy vingers gevat en dit diep binne haar ingedruk. Sy het ontplof onder sy hand. Nat soos ‘n boom wat sy blare geskud het ná ‘n stormreën. Danie het haar natheid ingeadem en begin droom.Hy het ‘n gedroom oor ‘n tafel groot genoeg vir hom en sy minnares. ‘n Tafel waarop hy die tango met haar kon dans. Sy sou geklee wees in ‘n swart rok en rooi stilletos. Hy sou haar agteroor laat gly en haar hare sou aan die gladde houtoppervlak van die tafel raak. Nadat die laaste note van die dans uitgesterf het, sou hy haar kaal op die tafel neerlê en bo –oor haar kniel – sy penis diep in haar mond, sy mond sirkelend oor haar natheid.”

Die stories agter die blog

Die blog bevat uittreksels van my nuwe boek, Die Som van Seks. Uiteraard is dit om te sien hoe jy, die leser, die stories ervaar en of dit raaktref of nie. Kommentaar en raad en aanmoediging sal verwelkom word.

En wie weet, dalk het jy selfs ‘n storie om te deel, of gee die blog jou nuwe idees oor hoe om jou drome waar te laat word!